Monday, February 18, 2008

Dinge wat mens nodig kan kry

As ek nou die backpacking ding doen, is daar sekere goed wat mens seker nodig het. Hierdie is sommer 'n lysie van dinge wat ek moet bekom vir die trip. Gaan kyk na die 'annotated packing list' op onebag.com vir al die detail.

Dinge wat ek vir myself benodig is:
'n tas of sak om in te pak
'n reislaken
'n slaapsak
'n reis handdoek (van daardie cool stuff, wat klein opvou en baie dors is)
'n tool vir eet (daardie cool switserse spork ontwerp bv)
'n houer vir kos/drank (soos daai silikon opvou koppies)
'n tipe van dagsak

Dinge wat mens as groep moet hê:
'n tent?
'n noodhulp stel
naaldwerk stelletjie
reisigers wasgoedlyn
dipstick
'n tool (soos leatherman) vir ingeva
kaarte en inligting
BAIE AVONTUURGEES

Party van die goed wat almal moet hê, is goedkoper as mens dit in pakke van bv 4 aanskaf, en die ander goed kan mens verdeel sodat elkeen se bydra minder is.

Verder kan ons dalk mekaar uithelp, as iemand bv 'n tent het, maar nie slaapsak nie, kan mens mos iets uitwerk?

Hierdie is net wat ek nou kan onthou nodig is, en dan ook nie alles nie. Voeg asb by wat jy dink nodig is.

Dan het ek ook gedink, ons kan elkeen 'n spesifieke paar plekke vooraf bestudeer, sodat een mens die ander kan vertel waarvoor om uit te kyk by 'n sekere plek.

www.meivoyageur.com

No comments: